Sep 8, 2009

Prof Coetzee – Laat ons reguit praat oor ‘n paar sake

Yes Dear Readers... another Afrikaans post. I just had to share it.

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so vo
lledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is
en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.


'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is wat
nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne m
et minder as 'n hongerloon probeer
onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlo
g vooruit gehelp nie ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf - apartheid het nooit plase en poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.


As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat
jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n
toekoms los te spook.



Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie...

3 comments:

Sally-Sal said...

That dog was adorable! I can't read what you wrote, but the dog was cute.

Kimberly said...

I'm super stoked there were pictures involved, cuz Um, I don't have a clue what you wrote!! LOL!

Do I agree, well gosh, I don't know, in all retrospect you'd think with all those letters there has got to be something, but then like everything I'd probably find something to disagree with. But hey there's pictures right, and the first doggy one was cute, but the last one creeps me out a little. LOL!

A human kind of human said...

Goed gestel. Ek het self nog nooit regtig so daaraan gedink nie. My eie pa het sy werkslewe begin as 'n arbeider wat met 'n graaf en pik gehelp het om die kanale van die Vaalharts-skema te grawe en het aanhou verbeter en gegroei tot 'n man waarop ek net trots kan wees. Ek stem ook saam dat ons verantwoordelik is vir ons eie toekoms. Die Afrikaner het voorheen oorwin en sal weer, maar die grootste oorwinning wat nodig is, is oor ons eie mismoedigheid en geneigdheid om die blaam vir alles op hierdie "nuwe" regering en "hulle" te plaas.