Sep 3, 2009

Die Goeie Ou Dae - Ons vir jou Suid-Afrika

Yes, sorry Dear Readers... another Truly Afrikaans post. I would love for the South African bloggers to comment though... this pulls on any South African's heart strings...

Onthou jy nog die oggende wat jy wakker geword het met melk op jou stoep? Dit het nooit saak gemaak of dit ‘fat free’ of 2persent %low fat was nie. Ek onthou breakfast toe Weetbix nog die binne flappe as kaartjies geprint het met prentjies van voëls en diere.

Kan jy onthou toe almal groot en sterk moes wees? “Eet al jou groente so dat jy groot muscles kan hê”, dit was toe boere kos nog goedkoop was en van die plaas. Vandag is die gesondste kos die duurste en dalk kom dit nog uit n proefbuis. Vitamiene het uit lemoene gekom – lemoene met pitte in – my kind sal nooit glo dat lemoene pitte in gehad het nie. Dit laat my dink aan Transvaal se rugby, halftyd kry jy lemoene en water. Die manne kon toe nog raak tackle, “mik vir die bene”.

Wie weet wat is ‘vas-byt’ of af k*k tot bos bef*k? Army toe om man te word – vandag se ouens weet nie wat dit is om man te wees nie. Gaan speel maar paintball die army het uitgesterf.

En wat se bier wil jy graag he? Lion! Ek glo vas dit maak nie so dronk nie, dit laat jou wel poep soos n leeu en jy brul dalk harder as gewoonlik, maar dit kon ook vir jou maan hare gee. Jy drink die as jy n man is soos n army rekkie, Lion sou goed gaan met boere meisies, biker chicks, rugby, biltong, live bands, weetbix en loop dop – dis mos my kos die!

Rooi vleis – vandag is goeie vleis skaars en as iets skaars is, is dit baie duur. Maar toe het rooi vleis nie ‘pynfull gout’ gegee nie. Vetterige spek vir breakfast, braai vleis vir middag ete, en n droë worsie voor die kassie in die aand, saam met n Lion.

N boere meisie was nog altyd mooi, onthou julle nog n meisie was genoem n “goose”, die boere meisies was baie skaflik en preets groot gemaak met goeie maniere, asseblief en dankie, en het gedoen wat hulle ouers van hulle verwag het – maar daar was n flip side, die chicks het die lekkerste gevry.

Nog goed om aan te dink soos die Corner café se fish en chips met baie asyn en sout, kinders was altyd gestuur is om wilkel toe te loop om vir pa sigarettes te koop en het met die kleingeld moewiese vicks chapies gekoop en die ping pong masjien gespeel. Al jou buddies en bure het in die strate kaskar gery, of bok in die hok gespeel. Ons het nog volkspele ge-oefen op skool. Daar was nie geld nie. Almal kon in die Ford pas drive-in toe vir n movie. En was dit nie net die mooiste kar om te hê nie – die Cortina.

Ons het woorde gebruik soos, kief en kwaai, ons het Godsdiens in die skool beleef, ons kon met die deure oop slaap, en in die aande met ons famielies rond loop.

So gepraat van famielie, kan julle onthou die troues was gewoonlik in drie kleure.

Famielies was baie groter as vandag, vandag kom ons net bymekaar op begrafnisse en soms troues, kerke was regtig vol en die dood straf het nog orde in die land geskep. Onnies het nog pak slae uitgedeel en kinders het presteer en het respek gehad .

Die goeie ou dae – vir jou Suid Afrika!

4 comments:

A human kind of human said...

Het jy dit geskryf? Klink soos dinge van lank voor jou tyd en ook nie jou styl nie.

Maryx said...

@Human - Nee ek het dit nie geskryf nie. Ek weet net nie wie het nie. En hoe sal jy weet of dit voor my tyd was en wat my styl is? Net uit interessantheid uit...

A human kind of human said...

Behalwe dat dit glad nie jou skryfstyl is nie (kyk na al die spelfoute) was hierdie dinge uit my tyd en ek weet uit ons "profiles" hoeveel ouer ek is as jy.

Maryx said...

Ek sal dit vat as 'n kompliment. Dankie. Darem kan ek spel en my skryfstyl is beter as die ene. Maar nee ek het nie obviously nie geskryf nie. Maar dis interessant is dit nie?

Ek kan baie van hierdie dinge onthou. Nie doodseker of dit uit memory is, of dat my ma, ouma en oupa my daarvan vertel het nie. Maar ek onthou dit tog. Die goeie ou dae nê?

Mag ek vra of jy dalk in die weermag was? Jy kom so voor, nie seker hoekom nie. Maar nou ja...